Isjaai

Die vyf whaktoes van Islam: I. voor dagbreek (fadjer); II. middag (thoer), III. voor sonsondergang (asser); IV. ná sonsondergang (magrieb); V. laataand (isjaai).

Die isjaai (Arabies: صلاة العشاء, ṣalāt al-ʿišāʾ, "naggebed") is die laaste van vyf verpligte daaglikse gebede (salaah) wat Moslems moet doen.[1]

Die formele daaglikse gebede van Islam bestaan uit ’n verskillende aantal eenhede, wat rak'ats genoem word.[1] Die isjaai het vier verpligte (fard) rak'ats, en nog twee aanbevole (soennah) rak'ats kan ook gedoen word. Die verpligte rak'ats in gemeenskapsgebed word hardop deur die imam voorgebid.[1]

Vir ’n salaah om geldig te wees, moet dit binne die voorgeskrewe tyd gemaak word. Mense met ’n aanvaarbare rede het ’n langer tyd waarbinne hul gebed geldig sal wees.[2]

  1. 1,0 1,1 1,2 Kaart vir al vyf gebedsbeurte by qul.org
  2. Significance of Offering the Isha and Maghrib Prayers and their Benefits, QuranReading-webtuiste, 29 Januarie 2015. Besoek op 14 Mei 2017

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search